Photo Gallery
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
PICTURES WERE TAKEN AT THE 2010 FASA FRANCHISE SHOW IN SANDTON SOUTH AFRICA.
|
![]() |
Mail us at info@sportwater.co.za
|
|
|
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
FAX : 086 518 2663
Email : info@sportwater.co.za
Om water te kook is nie die oplossing nie
BEELD 2010-02-24 00:02
Die Madibeng-munisipaliteit is nou gedwing om inwoners van Brits en Hartbeespoort te waarsku dat hulle hul kraanwater moet kook voor gebruik.
Brits se vereniging van besorgde belastingbetalers (Corpa) het op eie houtjie hul water deur onafhanklike ontleders laat toets.
Dit is nie geskik vir mens of dier nie, is bevind.
Tot enkele jare gelede was Suid-Afrika een van net 12 lande ter wêreld waar kraanwater 100% veilig was.
Hierdie prentjie is nou, kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi, vinnig en drasties aan die verander.
Die ergste is dat dit nie nuus vir die regering is nie; hulle is lankal bewus van die agteruitgang. Me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het begin vandeesmaand uiteindelik erken munisipaliteite stuur op ’n waterramp af.
Sy het erken net 30 van die land se 283 munisipaliteite het waterdienste wat behoorlik funksioneer.
Volgens haar is haar “grootste frustrasie” dat haar departement ingevolge die Grondwet beperkte magte het om by munisipaliteite in te gryp en dat hulle op laasgenoemde se samewerking aangewese is.
Ondanks dié noodsituasie talm die regering om die sogenaamde “groendruppelverslag” oor die toestand van die land se 970 rioolaanlegte wat verlede jaar uitgereik is bekend te maak.
Die verslag is onder die tafel deur aan die DA gegee. Daaruit blyk dit dat net 32 van die aanlegte behoorlik werk.
Dit gaan Sonjica en die regering nie help om net hul “frustrasie” te verwoord en dan hul hande in die lug te gooi nie. Dit is onsinnig om die indruk te wek dat hulle handewringend sien hoe munisipaliteite se dienste tot niet gaan.
Almal weet wat gedoen moet word. Die suiweringsaanlegte moet dringend opgeknap word. Om drinkwater te kook is allermins die oplossing.
Kommer oor uraan in Potch-water
BEELD 2010-02-04 23:56
Elise Tempelhoff
Inwoners van Potchefstroom is bekommerd oor hul drinkwater nadat miljoene liters suur mynwater aan die Wes-Rand uit ’n ou skag begin loop het.
So het prof. Kobus van der Walt, van die skool vir geografie en omgewingsbestuur aan die Universiteit van Noordwes (NWU), gister by ’n seminaar van die Suid-Afrikaanse Kankervereniging (Kansa) oor kanker en die omgewing gesê.
Van der Walt het gesê hy en een van sy kollegas het onlangs die kalk in waterketels in Potchefstroom vergelyk met dié in waterketels in Ventersdorp. Die kalk in die ketels in Potchefstroom het 20 keer meer uraan gehad. Hoewel dit nog “binne perke is”, is uraan duidelik besig om vanaf die goudmyne langs die Wonderfonteinspruit in die Mooirivier te beweeg, het Van der Walt gesê.
Volgens prof. Frank Winde, kollega van Van der Walt, mobiliseer suur mynwater die swaar metale, waaronder die uraan wat in die modder van die Wonderfonteinspruit (en die Tweelopiespruit) lê. Dit beweeg dan stroom-af.
Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van Kansa, het gesê daar is groot bedreigings vir Potchefstroom se drinkwater omdat 800?kg uraan jaarliks van die Wonderfonteinspruit in die Boskopdam beland.
“Die Boskopdam is die enigste waterbron van die inwoners van Potchefstroom,” het Albrecht gesê.
Hy het voorts gesê navorsers van Kansa wat sowat ’n jaar gelde in die goudmyngebied begin navorsing doen het, het uraan in die stof binne-in die stofsuiers van huishoudings in Carletonville gekry. Van die antwoorde oor die omgewingsfaktore wat tot kanker lei, lê dalk in hierdie stofsuiers.
Albrecht het gesê Suid-Afrika het miljoene jare gelede “die lotto gewen” toe die meteoriet die land by Vredefort getref het.
Dit het goud en rykdom vir die land gebring, maar ook slegte nuus: “Dit het baie meer uraan as goud gebring en daarmee saam suur mynwater.”
Goudmynbedrywighede oor langer as 120 jaar het dooie mere, soos die Robinsonmeer, tot gevolg. Hy het daarop gewys dat daar 600?000 ton uraan op die sandhope in die Wes-Rand en Verre-Wes-Rand lê. Dit is ’n gebied van 400 km².
Hy het gesê as goud nie in Suid-Afrika ontdek is nie, sou die land dalk ’n bestaan gemaak het uit toerisme en landbou.
Prof. Devra Davis, hoogleraar in epidemiologie en omgewingsonkologie aan die Universiteit van Pittsburgh in die VSA se kankerinstituut, het gesê daar moet dringend navorsing in Suid-Afrika gedoen word oor die invloed van radon-gas (wat deur goudmynhope vrygestel word) en mense se gesondheid. Mense wat rondom die mynhope woon, asem dié gas daagliks in.
Regering is in troebel water
BEELD 2010-04-30 00:53
Die ontoereikende bestuur van Suid-Afrika se rioolsuiweringsnetwerk is besig om ekosisteme op risiko te plaas, boerdery te bedreig en arm gemeenskappe in gevaar te stel.
Dít blyk duidelik uit die Groendruppel-verslag van die departement van waterwese wat uiteindelik bekend gemaak is.
Dis niks minder nie as skokkend dat die verslag, wat reeds verlede jaar openbare kennis moes wees, nou eers op die lappe gekom het.
Waarom die gesloer?
As die departement die publiek in die donker gehou het omdat hy geweet het daar is min om op trots te wees daarin, het hy nou nog meer om te verduidelik. Watter stappe het hy intussen gedoen om die situasie te probeer red, of het die situasie nog verder agteruit gegaan in die kosbare tyd wat verloop het?
Dit is boonop duidelik dat die volle omvang van die probleem nog nie eers bekend is nie, want skaars die helfte van die land se munisipaliteite het aan die peiling deelgeneem.
In Suid-Afrika is water ’n kosbare skaars hulpbron wat noodsaaklik is vir ekonomiese vooruitgang, maar terselfdertyd ’n lewensmiddel waarsonder selfs die armste landelike gemeenskappe op risiko geplaas word.
Dit is, net soos elektrisiteitsvoorsiening, nie ’n kwessie waarmee die regering durf dobbel nie. Met gereelde droogtes, soos dié in die Oos-Kaap, is dit tog nie ’n werklikheid waarvan ons kan vergeet nie.
’n Duidelike aksieplan is dringend nodig.
- Die Burger
email info@sportwater.co.za














